Die Afrikaanse Volksgang- en Volkspelebeweging wast stam uit die Uniale Komitee vir Volksgang en Volkspele deur die Reddingsdaadbond in 1941 in die lewe geroep en sedert 13 Julie 1978 amptelik bekend as Die Afrikaanse Volksgang- en Volkspelebeweging, het deur die jare as grondslag gehad en hul beywer vir die beoefening, ontwikkeling en standaardisering van die Afrikaanse volksang en volkspele ooreenkomstig die sedes en tradisies en die algemene kulturele strewe van die Afrikanervolk, om daardeur 'n bydrae te lewer tot die verryking van die Afrikaanse volkskultuur soos dit in sy verskillende vorme gestalte vind. In die voortgesettte uitvoering van hierdie taak, het ons Volkspele-Erfenis, die lig gesien, 'n bundel van bekende volkspele liedere asook 'n bykomenede versameling van nuwe liedere waardeur die kultuurskat van die Afrikanervolk nie alleen verbreeed en verryk is nie, maar ook vir die toekoms as erfenis dien.