Meneer Morf is 'n sirkushond met 'n groot hart. Elke dag dans hy op die koorde in die nok van die sirkustent en kry 'n dawerende applous. Maar roem is nie alles nie en Meneer Morf voel baie eensaam. Op 'n dag verlaat hy die sirkus en gaan soek na ware liefde..