Onder die appelboom is 'n vertaalde keur uit die poesie van die Nederlandse digter Rutger Kopland. Daniel Hugo die vertaler het hom in sy keuse eerstens laat lei deur die vertaalbaarheid van die verse maar ook probeer om die Afrikaanse leser 'n oorsig te bied van hierdie veelbekroonde digter se werk.