Van sy eerste dag as nasionale dienspligtige was Francois Verster in die sop danksy sy ingebore rebelsheid. Hy vertel op skreeusnaakse wyse van sy basiese opleiding en lewe as troeponderwyser op Omega. Hierdie geensins verromantiseerde storie bied 'n vars hoek op die Grensoorlog-genre en 'n blik op hoe Afrikanermans die nuwe Suid-Afrika beleef.