Om 'n kierie te keer is die inspirerende en humoristiese verhaal van Tuba Matibe - entrepreneur, onderhandelaar en plannemaker - wat met sy dryfkrag, deursettingsvermoë en entoesiastiese oppurtunisme sy eie lewensgehalte sowel as die van die gemeenskap waarin hy woon, verbeter. In die proses leer hy die waarde van die ou Afrikaspreekwoord ken: 'n mens is 'n mens deur ander mense.