Terwyl Lucas en sy vriende probeer om Ayanda se dood te verwerk word hulle gekonfronteer met vreemde gebeure: 'n misterieuse bol lig so groot soos 'n rugbybal hang in die donker buite Brandon-hulle se huis; 'n massiewe swart trok ry Nova se strate binne en verdwyn in die Hok.