Om 05:36 hardloop die vrou teen die hang van Leeukop. Sy is jonk beeldskoon Amerikaans - en beangs. Sy word soos 'n dier gejag deur mans wat net ure gelede haar beste vriendin se keel afgesny het. Om 05:43 bel hulle vir speurder-inspekteur Bennie Griessel wakker.