Slagtersnek is een van die bekendste name in ons geskiedenis. Met sy grusame assosiasie was dit 'n magtige propagandamiddel in die politieke ontwikkeling van die Afrikaner. Juis hierdeur het dit egter al gou 'n volksmite geword waarna herondersoek dringend noodsaaklik geword het.