AGTERGROND
Die kortverhaalskrywer Hannah Loubser hunker na ’n watergat waar sy gereeld uitgehang het, bo in Kloofstraat, en die regulars daar. Een van hulle word vermoor en sy spekuleer dat elkeen daar ’n motief gehad het om haar dood te maak. Sy wil ’n soort intellektuele speurverhaal skryf “oor verlore, verdwene karakters en ’n vreemde, onbeklinkte liefdesverhaal. Die ruimte is Kaapstad, die stadskom vol weelde en skreiende armoede, religie en geweld. “’n Stad van onheil, ’n stad van ongerymdhede.” “… ’n reservoir van diksie, geluide; ’n eggokamer van onrus.” Dis die elegiese verslag van ’n stad wat radikaal verander het, ’n opskryf van ’n wêreld wat nie meer bestaan nie, ’n fassinerende dokument in die tradisie van Jeanette Winterson, Sigrid Nunez, Anne Michaels. Al is dit fragmentaries kom daar ’n sekere samehang en balans na vore; ’n droomlogika.
Publisher:
Protea Boekhuis
Dimensions:
137mm x 213 mm
Genre:
memoires, prosa, digkuns, feministe, filosowe, reisigers, gayliteratuur, literatuur, taalkunde.