Nêrens is ân plaas in die Noord-Kaap waar drie broers saam grootgeword het. Hulle lewens word onherroeplik verander deur die afsterwe van hul ma op ân jong ouderdom onder tragiese omstandighede. Die drie het mekaar jare laas gesien. Nou moet hulle terugkeer plaas toe vir ân verjaarsdagbraai vir hul pa wat 60 word â op soek na die broederskap wat hulle verloor het.