As ons regtig nederig wil wees nie net voor God nie maar ook teenoor alle mense â en as ons in die soort nederigheid vreugde wil vind â dan moet ons insien dat dit nie bloot die teken van berou oor ons sonde is nie maar dat dit beteken om vol te wees van die heerlikheid en vreugde van die hemel en van Jesus.