Net toe Jill Pole na die langste en goorste skoolkwartaal in haar lewe begin opsien gebeur iets magies: Sy en Eustace Scrubb beland in Narnia! Aslan gee aan hulle vier tekens en 'n opdrag: om Prins Rilian wat jare gelede spoorloos verdwyn het op te spoor en terug te bring na Kair Paravel.