Tydens een van die koudste en natste somers in jare besluit Polly en Digory om die soldervloer van hulle ou ry verdiepinghuise te gaan verken. Versigtig klouter hulle oor die dakbalke en al met die lang tonnel af wat hulle blyplekke aan die lee huis langsaan verbind.