Een of ander tyd word almal geraak deur die dood van 'n geliefde. Die pyn van so 'n verlies is soos geen ander pyn nie hoewel elkeen dit op sy eie manier beleef. Die smart wat na die verlies volg is 'n normale reaksie hoewel dit glad nie normaal voel nie en die rouproses is nodig om te kan aangaan met die lewe.