Hierdie bundel vertellings van Louw van Schalkwyk soos vertel aan (en verwerk deur) Ann Hiemstra is 'n juweel. Dit is een groot plesier om te lees altyd onderhoudend by tye snaaks en by tye ontroerend. Hier ontmoet jy Louw en sy gesin en jy kry 'n insig in die droom van 'n arm man wat smag na 'n eie grondjie.