Polly en haar Griekse man Archie besit 'n groot boekwinkel in Randburg waar klante die koerant sit en lees terwyl hulle na die ou jukebox luister en aan die Griekse gebak peusel. Maar Polly se wereld stort in duie wanneer sy op 'n dag tuis kom om te hoor Archie is saam met 'n vrou in 'n luukse motor daar weg is.