My-my is Emma se spieelbeeld en hulle is beste beste maatjies. In die maklike leesboek is daar vyf stories met Emma en My-my as hoofkarakters: In die eerste storie trek die gesin uit hulle woonstel na 'n huis toe en in die tweede gaan Emma na haar nuwe skool toe.