Kontreigeskiedenis het so gewild geword dat die lesers daarvan lank nie meer beperk is tot inwoners van die gebied waaroor dit handel nie. Morewind oor die Karasberge is hulle lang vergete storie opgeteken deur ’n gesaghebbende en gesoute historikus.