Moestas volg op Deborah Steinmair se twee vorige raaiselromans Die neus (2012) en Wenkbrou (2013). Aga Jesse Claude en Stasi is weer aan die stuur: hierdie keer is die kwessie kindermolestering en ons sien Stasi as beskermengel en speurder in volle vaart.