Meneer Stink het gestink. Hy was die ene stank. Sy stank was so erg dat dit jou asem weggeslaan het. Hy was die stinkste superstankstinker wat nog ooit gelewe het. 'n Superstank is die ergste soort reuk. 'n Superstank is erger as 'n stank. En 'n stank is erger as 'n stankie. En 'n stankie is erger as 'n klankie.