Mieke het 'n geheim ... Danksy haar spesiale meerminkammetjie kan sy by Luna en haar meerminvriende in hul towerwereld onder die see gaan kuier. Die meerminne beplan 'n spesiale konsert vir die koningin se verjaardag - en Mieke is ook genooi. Maar iemand het al die musiekinstrumente weggesteek.