Skreeusnaaks en uittartend soos net Deon Maas kan. Hier ontsien Maas niks of niemand nie. Hy skryf onbeskaamd oor eg Suid-Afrikaanse heilige koeie. Afrikaans op kampusse baarde banting die Guptas en die Stellenbosch Mafia loop deur onder die uitgesproke skrywer se skerp pen. Dit is vlymskerp omstrede en onvergeetlik.