Izzie Lucy en TJ staar my aan asof ek 'n sirkusfrats is wat vir hulle 'n toertjie moet uithaal. Ek skud my kop heftig. "Jy sal een of ander tyd jou mond moet oopmaak se Lucy. Komaan vat weg jou hand voor jou mond." Ek skud weer my kop. "Dis awful. Ek lyk soos 'n bliksnyer." Nesta is skoon verslae.