Doc Immelman is alombekend vir sy avontuur- en jagverhale en in Die meisie op die bus ander liefdesverhale blom die liefde tussendeur al die avontuur. Die humoristiese âSes dooie bees langs die grensdraadâ gaan oor twee verliefdes wat eers die jare lange vyandskap tussen hul vaders wat ook bure is moet blus alvorens hulle kan afhaak.