Sedert die totstandkoming van die Universiteit van Stellenbosch het 'n noue verband met Afrikaans bestaan. Die behoefte aan 'n tersiere inrigting met Afrikaans/Nederlands as voertaal was immers die vernaamste enkele rede vir die ontstaan van die universiteit.