Sestig jaar na Herman Charles Bosman se dood het die eerste Afrikaanse bundel Oom Schalk Lourens-stories verskyn (In die withaak se skadu Suiderkruis Boeke 2011). Dit is besonder goed ontvang en het gunstige kommentaar ontlok van skrywers soos Andre P. Brink P.G. du Plessis Pieter Fourie en Paul C. Venter.