Op die ouderdom van tien besef Bernini se pa dat sy seun geniaal is â ân kunstenaar wat in die voetspore van Michelangelo kan volg. Heese neem ons op ân reis deur Bernini se grootwordjare en dan as volwassene tot hy in die huwelik tree op die ouderdom van 41. Maestro is ân roman vir ieder en elk wat hou van historiese fiksie â leesbaar en boeiend.