Annelize Slabbert was ân joernalis in Johannesburg en haar man Gerard ân apteker. Toe word hulle moeg vir die lewe in die stad en verhuis sak en pak na Botswana. In die son en sand van die Sentraal-Kalahari gaan hulle ân luukse lodge bestuur. Min het hulle geweet wat wag.