'n Duitse weeskind word deur 'n vurige Afrikaner-Nasionalis aangeneem en presteer as 'n briljante wetenskaplike. As hoof van die Polisie se forensiese laboratorium moet hy hom uiteindelik verweer teen bewerings dat hy gif verskaf het om 'n anti-apartheidsaktivis te verdoof of te vermoor.