Lillie besluit om weer ân keer haar draakvriendjie Hektor te besoek. Daar gekom is die arme drake skoon geel van stres ... Drie groot draakeksamen le vir hom voor en hy oefen verwoed om elke item te slaag. Met die eet soveel as wat jy kan-item het Hektor geen probleem nie: so klein soos hy is het hy die aptyt van ân beer.