Die storie van Gulliver se reise is vir Lillie betowerend â letterlik! Lillie is absoluut gek oor die boek en wonder hoe dit moet voel om ân reus te wees in ân land waar die mense skaars groter is as jou duim. Maar hoe kom sy daar? Toe haar klein pes van ân boetie Leon haar kom pla met ân probleem gee hy onwetend vir haar die antwoord!