Uit pure agtelosigheid lees Lillie op 'n dag hardop uit haar towerboek. Asof sy teen die tyd nie van beter weet nie! Heeltemal onverwags en onvoorbereid beland sy in die middel van 'n oerwoud. Die oerwoudstam wat haar aanvanklik gevange neem is onder die indruk dat sy 'n toordokter is en versoek haar om na hul verlore skat te gaan soek.