Liefde seks & die hele kaboedel is 'n tong-in-die-kies bundel wat die wonderlike dog somtyds frustrerende dinamika tussen mans en vrouens ondersoek. Die stukkies spreek ernstige verhoudingsprobleme op 'n prettige manier aan en gee terselfdertyd waardevolle verhoudingsadvies.