Liefde moord en Facebook is 'n tienerroman met genres van beide romanse en rillers. Die hoofkarakter Klaradyn raak verlief op 'n fotograaf wat dalk vir die moorde op die modelle in haar tuisdorp verantwoordelik is - die een na die ander word vermoor. Daar is 'n paar verdagtes maar niks word te ernstig opgeneem nie.