Eendag weet Martlie gaan sy 'n werk doen waarvan sy hou. In 'n mooi omgewing waar sy heeldag mooi goed maak. Of doodgewone dinge mooi maak. Waar sy in volkleur kan leef. Maar tot daardie eendag aanbreek werk Martlie by 'n maatskappy wat lelike grys betonpanele vervaardig.