'n Droomvakansie in Mauritius saam met Johnny Depp ⦠oftewel Hagen van Tonder van Johannesburg. Kari Beyers het uit vyfhonderd aansoekers sy kortlys gehaal en toe die jawoord gekry en dis koebaai-meraai vir haar blou blikhuisie op Komga haar werk in die dorpsbiblioteek haar hond en haar kat.