Karl Kielblock het verskeie boeke geskryf waaronder die Lafras Cuyper-reeks baie bekend is en wyd versamel word. Dit handel oor seeavonture in diens van twee oorlogvoerende moondhede vroeg in die 19de eeu. Hierdie is die sewende en laaste boek in die reeks propvol opwinding spanning en avontuur!