Toe Oscar Pistorius blosend in die gange van die Brooklyn-polisiestasie by luitenant Muller Joubert verbyloop was Muller seker dat daar in jare nie so ân bisarre saak was nie en daar nie gou weer so een sou wees nie. Hy was verkeerd. Daar was reeds. En hy was in die middel daarvan.