Uit die vroee twintigerjare van die vorige eeu ry 'n lang lenige Suidwester op 'n groot swart perd die gebied van Afrikaanse fiksie binne. 'n Bebaarde ridder met bree skouers; kampvegter teen ongeregtigheid 'n vriend van veronregtes en die vyand van swendelaars en booswigte: Kurt Mauser.