Hierdie boekdeel bevat die referate en bygaande toeligtingsredes oor die aktuele onderwerp Die Kuns en die Gemeenskap, soos op die 29 Junie en 1 Julie 1967 gelwer tydens die jaarvergadering van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns te Bloemfontein. Al die referate en toeligtingsredes bevat die menings van die persone wie se name daarby verskyn - menings wat nie noodwendig die van die Akademie is nie.