‘Kruispad’ is ‘n spannings-roman wat geskryf is deur die nuwe opkomende skrywer Willie J. Botes. ‘Kruispad’ beloof om vir die leser ure se genot te verskaf tot aan die einde van die boek. Die leser gaan dit moeilik vind om hierdie boek neer te sit want dit is vol intriges raaisels aksie en romanse.