Ontmoet vir Krok en Dil. Dil hou van grappies vertel ⦠maar hy hou nie van pizza met pynappel nie. Krok hou van kosmaak ⦠maar hy hou nie daarvan as iemand vir hom lag nie. Dil hou van Krok. En Krok hou van Dil. Krok en Dil is beste maats ⦠en hulle sal jou laat skater van die lag!