Nes die Vaalrivier in vloed die dorpie Koukonap bedreig word die Fouries se lewens aangeraak deur die groter kragte van die 20ste eeu. Daar is Lood en Lenie se seuns gedurig in hul kano's; Enie Malmok en Japie Tarentaal van die lokasie oupa Sarel die Boereheld neef Boet wat doedelsak speel in die kroeg... die hele kringloop van die lewe.