Die deurlopende tema in hierdie tien verhale is verwondering: met die landskappe van Suid-Afrika Noord-Amerika en Frankryk; oor die reuse rob wat op onverklaarbare wyse op 'n Kaapstadse strand uitgespoel het; met die smaak van 'n geheimsinnige sampioen wat iewers in Frankryk groei.