Die koning van Katoren is dood en daar is geen troonopvolger nie. Vir 17 jaar regeer ses nare ministers die land – hulle beweer hulle is op soek na ’n nuwe koning maar niks gebeur nie. Op 'n dag arriveer 'n seun Stach by die paleis. Hy is gebore op die nag van die koning se dood en is vasbeslote om die nuwe koning te word.