Superhipermega-aaklig. Dis hoe Elle voel oor die vakansie wat voorle. En daar is 'n paar baie goeie redes waarom sy so voel: Beskaafde mense hou nie vakansie in 'n tent in die diepste bosse van Botswana nie. Sy mis haar twee beste vriende Estelle en Chanelle en die winkels en partytjies in die stad.