EPUB Herleef die lekkerte van onthoukos en kook soos 'n Kokkedoor in jou eie kombuis. Hierdie boek bevat die beste uit die gewilde Kokkedoor-televisiereeks, en gaan oor die kos wat ons lief het: erfeniskos, oumakos, huiskos, hunkerkos, kookkos, verlangkos, lekkervoel-kos. Daar is alles van slaai tot poeding, brood tot vleisgeregte. Geniet die beste resepte van elke episode, getoets vir die huiskombuis.