“Waar die bloukopkoggelmander sit, daar lê die vrou tevrede,” lui ’n Boesmangesegde. So simplisties is die liefde egter nie, dit is “bliksem sonder weerga”. Met die Kalahari as milieu loop Koggelmanderman op die gifspoor van jaloesie, besitlikheid, seksualiteit, vertwyfeling en impotensie in die fyntuin van die liefde.