Vic Nel wou net 'n normale lewe lei met 'n vrou 'n kind dalk 'n hond en 'n kat maar die laaste dae van die apartheidsregering het hom opgesaal met 'n klomp onsmaaklikhede wat sy gesin verwoes het dinge waarvoor hy nooit om amnestie gaan pleit het voor die Waarheid- en Versoeningskommissie nie.