Wie eenmaal 'n opname van dramas vir skoolgebruik gemaak het besef met ontsteltenis hoe min geskikte toneelwerke daar werklik vir die junior standerds van die hoerskool voorhande is. Die volwasse drama spreek die leerling nie volledig aan nie. Die wereld van die kinderdrama is vir hom iets van gister.